GUAVA YSKASTERT
0
April 15, 2022
GUAVA YSKASTERT
1 pak tennis koekies
1 blik Ideal melk -yskoud
1 pakkie rasberry jellie
1 klein blik guavas, dreineer die sous af en hou die sous.
Verkoel Ideal melk tot yskoud. Gebruik die sous van die guavas, verhit die sous en maak die pakkie jellie daarmee aan. Laat afkoel, maar nie stol nie. Druk guavas met n vurk fyn. Pak koekies in n glasbak, onder en langs die kante soos verkies. Klits die yskoue Ideaal melk tot dik en styf, voeg die afgekoelde jellie/sap by terwyl jy aanhou klits. Voeg laastens die fyngedrukte guava by en klits tot goed gemeng. Skep in koekies kors, krummel n koekie of 2 bo-oor die tert en verkoel oornag.
