RUM & ROSYNTJIETERT


 RUM & ROSYNTJIETERT

250 ml (1 k) pitlose rosyne of sultanas
250 ml (1 k) room, verkoel
1 blik (360 g) karamelkondensmelk
5 ml (1 t) rumgeursel
45 ml (3 e) rum
1 pak (200 g) Tennis-beskuitjies
ekstra Tennisbeskuitjies, verkrummel, en ekstra rosyntjies of sultanas vir versiering (opsioneel)

Smeer ’n veerklamppan van 23 cm.
Giet kokende water oor die rosyntjies en hou eenkant tot dit uitgeswel het. Dreineer goed.Klits die room styf en voeg die karamelkondensmelk by. Meng goed.Voeg die gedreineerde rosyntjies, rumgeursel en rum by en meng.Plaas ’n laag Tennisbeskuitjies in die voorbereide tertbak en skep ’n laag karamelmengsel bo-op.Herhaal die lae en sprinkel gekrummelde beskuitjies en rosyntjies bo-op indien verkies.Verkoel 2-3 uur of oornag voor dit voorgesit word.


Post a Comment

0 Comments
* Please Don't Spam Here. All the Comments are Reviewed by Admin.